Hubert Lampo

Hubert Lampo (foto Tom Ordelman)

Hubert Leon Lampo (1 September 1920, Antwerpen - 12 Julie 2006, Essen) was 'n Vlaamse skrywer en een van die grondleggers van die magiese realisme in Vlaandere. Sy bekendste boek is De komst van Joachim Stiller, waarin 'n geheimsinnige persoon genaamd Joachim Stiller as 'n Verlosser te voorskyn kom onder omstandighede wat herinner aan die dood van Jesus Christus . Ander temas wat in Lampo se werk voorkom, is die mites van Orfeus en die Heilige Graal.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy